Dit is nou ‘n hele rukkie wat ek aan hierdie piece werk, en elke keer as ek genoeg guts bymekaar skraap om te begin dan besluit ek om dit eerder uit te stel. Die rede vir die constant procrastination is dat dit vir my ongelooflik moeilik is om hierdie konsep in woorde te omskryf. Hoe beskryf en celebrate mens ‘n vier en twintig jaar lange love affair, escape, vertroueling , somtyds brutal journey in ‘n paar bladsye of woorde? Well, hierdie week is dit die Athena show week, en ek het dit obviously fitting gesien om deur te druk, en om te attempt om hierdie fasset van my lewe in woorde te omskryf.
“I dance to live, I dance to breathe, I dance to be free, I dance to be me…” -Unknown
Ek voel honoured dat ek kan deel wees van hierdie amazing kuns. Ek het begin dans toe ek vier jaar oud is, en believe me, enige danser sal vir jou sê dat dit nie so glamourous en easy is soos wat almal dink nie. Ek is dankbaar vir international platforms soos So you think you can dance wat uiteindelik die public allow om hierdie fantastiese art saam met ons te kan love en celebrate. Om dit in perspective te sit, na skool het ek ‘n professional career gevolg en het dit my vier jaar geneem om my graad te kry. Soos ek reeds gesê het dans ek al vier en twintig jaar sonder enige formele kwalifikasie of sterretjie op die voorkop om te sê”well done hunny, you’ve made it”.
‘n Danser se career bestaan uit onbeskryflike harde werk wat meeste van die tyd gevul is met self-doubt, die intense druk om absoluut perfect te wees, om jou body te push tot wanneer hy amper heeltemal wil opgee, disrespect van die ape wat jou kort- kort wil challenge in ‘n club, wat dink haar dronk airhump, vliegies klap, self-loving moves teen die speaker is enigsins naby aan wat dit is om te dans, om gereduce te word na ‘n baie sexist stereotype, wat vir girls gewoonlik omskryf as almal se sexual fantacy oop vir elke person se vrye comment, en gewoonlik blykbaar die mans se sexual orientation vir meeste mense bevestig. Dan wil ek nie eers praat oor die body image issues wat elke danser, maak nie saak hoe confident en strong persoon jy is nie, elke nou en dan ‘n knou kan gee. Verder moet elke aging danser constantly deal met die pressures van die nuwe editions, die jonger, mooier, meer perfect weergawe van jouself, met sterretjies in die oë, met nuwe passion, met beter technique, met beter suppleness. En dan vra mens somtyds jouself… Maar hoekom doen ons dit aan onsself??? Raak ek nie bietjie oud om met hierdie goed te deal nie, ek meen ultimately is ek besig met ‘n promising law career, wat ek love, hoekom vind ek myself elke keer terug by die plek waar alles vier en twintig jaar terug begin het, in die studio, kaalvoet, met spiere wat so seer is dat ek skaars kan beweeg, bene met bloukolle en ongelooflike excitement en optimism vir wat voorlê…
My theory is soos volg…
Ons dans om te verdwyn in iets wat groter as jyself is, om te focus op ‘n bigger picture, ‘n greater truth, om jouself te verloor en te vind op ‘n plek waar daar no judgment is nie, waar jy toegelaat word om in iemand anders se skoene te staan, iemand anders se storie te vertel, om te verdwyn na ‘n plek waar jy veilig is. Jy vertel die storie van die musiek wat jou body interpret, vir elke move en elke noot van die musiek is daar‘n rede, jy wys die audience jou true self en die musiek sal jou nie disappoint nie, dis predictable, en soms unpredictable wanneer dit moet wees, dit leer jou om te let go, om strong te wees, om vulnerable te wees, dans demand dat jy jouself, jou insecurities jou struggles totaal en al surrender. Dansers vertel stories met hulle bodies waaroor meeste mense fear om oor te praat.
Om te kan dans is die vinnigeste en most direct pad na die truth, jou truth, jou siel, die plek waar jy belong, die persoon wie jy wil wees, die persoon wie jy moet wees, jou destiny, jou promise. Die truth waarvan ek praat is nie altyd hierdie monumental uitvinding soos elektrisiteit of microwave popcorn nie, dis meeste van die tyd iets persoonlik en iets wat jy van jouself leer, ‘n manier om met die past te deal, jou future te predict en jou present te claim. Dans bevat so klein bietjie magic wat so extremely rare is in die harsh reality of life.
As ek geld gekry het vir elke traan wat op die dansvloer geval het, het ek al lankal afgetree op my private island met ‘n Jared Leto look-alike wat elke 5 minute my margies opvul. Met dans celebrate ons die klein victories, voel ons mekaar se sadness, verklaar ons liefde en vind jy jou eie strength. Met elke step, met elke beat is jy so klein bietjie nader aan freedom.
‘n Danser kan nie gedryf word deur die bright lights, die applause en admiration of paycheck nie, jy kan nie gedryf word deur almal se approval nie, don’t get me wrong, enige danser wat sy sout werd is enjoy en thrive in die spotlight, om ‘n danser te kan wees is dit kind of ‘n prerequisite… Maar dit is nie wat jou moet dryf nie, jy moet gedryf word deur jou passie vir die kuns, deur respect en admiration vir jou mede dansers, appreciation vir ander kunstenaars soos die musicians met hulle carefully composed melodies en skrywers met hulle woorde van truth, compassion vir ander mense, ‘n liefde en understanding vir human behaviour.
Ek het nog altyd geglo dat dans en musiek ons almal bind. Niemand verwag van almal om die beste dansers te wees nie, daar is ‘n plekkie in die dans wêreld vir elkeen, of jy dit doen vir fitness, of jy dit doen as ‘n social activity of as jy dit doen as ‘n career.
My dans career was vol victories… Ek het oorsee gaan dans. Ek kan letterlik nie my Suid-Afrikaanse titels op een hand tel nie, ek was hoeveel keer gerecognise as “Dancer of the Year”. My huis het fisies nie genoeg plek vir al my awards nie… anywayzzz… You get the drift… Die grootste award wat ek in dans gekry het is die lessons wat ek daaruit geleer het, die amazing friends wat ek gemaak het, die amazing stories wat ek kon vertel, Lizette (Athena se mastermind en my sussie) se amazing choreography pieces wat ek kon dans, my life experience en die absolute honour om ‘n klein deel te wees van die dans industry, maar die grootste honour van alles is om te kan sê ek is ‘n DANSER, want ‘n danser is iemand wat verby sy eie ego kan kyk en om in truth iemand anders se storie te kan vertel, ‘n danser is ‘n vessel van joy, acceptance, deursettingsvermoë en selflessness. ‘n Danser is ‘n artist wat hulle talente gebruik om ander te inspire!!!
Ek kan nie wag om terug huis toe te gaan die naweek nie, na die teater waar van die beste artists gebore word!
Athena dansers, sien julle op die stage, vir ons annual showcase… Break a leg nunkies!!!
Van waar niks wit of swart is nie….
Alida