Wednesday, 27 August 2014

The "Stones"- ages... Thanks vir amazing memories!!!!!

Meeste mense associate die gevoel van "home" met die reuk van home made food, die gevoel van jou eie bed en meeste van die tyd daai een warm, loving moeder figuur wat alles in die wêreld net beter laat seem... of ultimately is dit dalk net so omdat dit die symbolism is wat hulle in movies gebruik. Daar is 'n paar plekke wat deur verskillende stadiums in my lewe daardie gevoel vir my gegee het, op 'n stadium was dit wel vir my die suburban illusion, even nou nog gee die reuk van resen, houtvloer en stage smoke my 'n intense gevoel van nostalgie... After all het ek kinda groot geraak in die theatre... Maar baie min mense kan sê dat die stench van 'n mengsel van drank en ses week oue asbakkies ook 'n gevoel van intense nostalgie en die true meaning van 'home' en 'community' kan gee....

So paar dae terug kry ek 'n event invite op facebook en vir een of ander rede, wat ek nie kan beskryf nie, aangesien daai invites gewoonlik net ignore word, maak ek hom oop... Dit is 'n invite van die club waar ek jare terug as student/jong adult gewerk het, en daar lees ek die opskrif... END OF AN ERA: Stones Centurion Closing Week

My hart het letterlik 'n beat geskip, en met trane wat baie violently dreig om te loop het ek net vir die invite soos 'n zombie gestaar... Ek was by die werk gewees en kon nie juis ingee tot my intense gevoel van sadness nie...

Ek was heeltemal taken aback deur my reaksie op hierdie nuus, en kon nie verstaan waar kom hierdie emotional reaksie vandaan nie. Ek is al vir langer as vyf jaar nie meer deel van Stones nie... Gelukkig vir my was daar 'n klomp crazy kliënte wat my mind kon pre-occupy en kon ek later die middag reflect in die min stil tyd wat ek kry, in other words, terwyl ek in die verkeer sit, om werklik agter die rede te kom hoekom ek so sad was oor die nuus.

Nadat ek uit die skool uit was het ek saam met 'n produksie getoer, wat uitgedraai het in 'n grueling experience wat veroorsaak het dat ek nie net myself nie, maar ook my kuns doubt, op 'n baie crucial tyd in my lewe ... My long term relationship was besig om helemal uitmekaar te val, en ek het geen plek gehad om heen te draai nie... Met 'n mix van om my horizons so bietjie te broaden en myself so 'n bietjie uit my comfort zone uit te haal en ook om so 'n paar ekstra sente te maak het ek aansoek gedoen vir werk by Stones... Ek het die werk gekry om doorlady te wees en so het die games begin. Later aan was ek 'n bartender en toe het die fun eers begin!!!!


Daar is soveel amazing en shocking anecdotes wat ek en my sussie lizette, wat later aan ook daar begin werk het, nog tot vandag toe oor praat en ons self siek lag. Maar wil nou nie hierdie post in 'n sepie verander nie. Daar was altyd een of ander drama, of die nuutste scandal van  iemand se nuutse sexual conquest.

Mense wat my goed ken weet dat ek 'n super disciplined mens is, ek het after all my law degree deur Unisa gedoen in die minimum tyd en sonder om een klas by te woon. Maar wat net sekere mense van my weet is dat as dié girl besig is om te rebelleer, laat dit die midde ooste na childs play lyk.

Die tyd wat ek by stones gewerk het was van die moeilikste tye wat ek in my lewe deur gegaan het. Alles in my lewe wat vir my belangrik was op daardie stadium het to shit gegaan, en ek het besluit dat die tye van pretense en 'n smile op jou gesig dra long gone is...

Die eerste vriend wat ek by stones gemaak het se naam was tequila, en nie die kind of naughty tequila wat jy once in a blue moon op 'n girls nite enjoy nie... Die tipe wat jy shot vir shot sonder enige chaser drink wat die absolute brokeness en sorrow net vir twee minute beter maak.



Op daardie stadium was ek opsoek na salvation en acceptance sonder enige voorwaardes, daai twee minute van absolute freedom van jou body, mind and soul. 

Stones het ultimately daardie opportunity gegee... 'n besope downwards spiral, onder die watchful, protective eyes van baie special mense.



Die mense saam wie ek gewerk het, het ek nie veel meer in common gehad nie, eerstens was girls nie rêrig in die meerderheid nie en kom almal obviously van baie different backgrounds af. 'n Common thread wat ek wel agter gekom het is dat soos ek was meeste van ons so bietjie lost souls opsoek na 'n bigger picture of net so bietjie escape van reality, en 'n sense of belonging.

Stones was 'n plek met no judgment en wie ever jy is en whatever jy doen nie onder 'n holy microscope gedisect word nie... Live and let live in sy truest form. 

Ek het geleer om nie 'n book by its cover te judge nie. Ek het geleer om my eie boundries te push en nie die lewe met tunnel vision aan te pak nie. Ek het self-acceptance geleer en geleer om die goeie in mense raak te sien. Ek het vir die eerste keer in my lewe daar truely free gevoel, sonder die pressure om 'n sekere manier te MOET wees. 

Ek het my sense of compassion vir mense daar geleer. In plekke soos Stones sien mens dat in die face of adversity die mensdom nog 'n glimmer van hope het, en dat meeste mense wil goed wees al laat hulle circumstances nie altyd dit toe nie.

Ek het by Stones lifelong friends gemaak wat tot vandag toe so naby aan my hart is, die tipe vriende wat jy nie elke dag hoef te sien om 'n special relationship meer te hê nie.



Ek het my life partner by Stones ontmoet, alhoewel ons eers twee jaar nadat ons opgehou het om daar te werk ge-reconnect het.

Ek is so dankbaar vir elke experience en elke persoon wat ek daar ontmoet het, vir elke fout wat ek daar gemaak het, en glo my, ek cringe somtyds nou nog oor van die goed wat ek daar aangevang het.  

Die leefstyl was nie gesond nie en dit was ultimately hoekom ek daar weg gegaan het. Dit was moeilik, en in order vir my om te kon grow en heal moes ek die ties breek. 

Maar maak nie saak hoe my journey daar tot 'n einde moes kom nie, sal ek nooit die Stones-dae vergeet nie, dit sal 'n sonde wees om dit te vergeet... Want sonder stones en sy mense sou ek nie die mens gewees het wie ek vandag is nie, stones het my toegelaat om myself te accept met flaws en al, om nie so unforgiving met myself te wees nie en die heel belangrikste om beauty in die donker raak te sien al is dit net die faintest flicker of light. Ek het besef dat jy jou donker kant moet embrace om te kan kies om goed te wees en om te kan kies om te heal.

Deur die afgelope vyf jaar was ek twee keer terug stones toe, en kon voel dat ek nie meer in die donker hoort nie.

Dit is met 'n thankful en humble heart wat ek die week vir die laaste keer sal terug gaan, om my respect te pay en om goodbye te sê vir 'n instansie wat my lewe gechange het, en ultimately gesave het.

Stock julle yskaste vol libido stones, want die Gerber sussies kom vir oulaas draai. Aan al die mense wat deel was van my journey, elkeen hou 'n baie special place in my hart, al het ek gedink jy is 'n asshole, die feit dat ek soveel van jou af kon leer maak my dankbaar en ek sal jou dislike met die grootste fondness. Vir  die mense wat steeds in my lewe is, en wat die stones journey saam met my gestap het... Ons lewe het completely verander, maar met julle share ek die sweetest memories!!!! 



Ten einde maak ek 'n toast op elke tequila, elke libido, elke party in my pants(dis 'n shooter), elke gin(kots), elke saint anna, elke redbull, elke fokofpolisiekar song, elke lonely lonely headbang malkoppie dansvloer oomblik, elke split op die dansvloer, elke fridge stock, op die orange juice in die till insident (sorry mona), op elke babalas, vir elke P-bom, op unwanted en unnoticed leeuloop performances, op al die couples wat ini badkamers gespyker het (whyyyy????) thanks vir amazing memories....

Op die eerste een... 

Van waar niks wit of swart is nie

No comments:

Post a Comment