Sunday, 20 April 2014

The Grey Tragedy of Life....


Ok, so niemand kon my nog ooit beskuldig van die feit dat ek te min dinge gelyk probeer aanpak nie... Dit is so deel van wie ek is dat dit eintlik so bietjie scary is. Daar is altyd iets wat ek nog wil doen of probeer of beplan. So hierdie jaar het ek saam met my articles of clerkship besluit om Lawschool te doen, waarna ek in Augustus dan die Attorneys Admission eksamen gaan skryf, ek het my blog begin, my charity is in die beplannings fase, ek dans nog al die pad en ek is besig met vreeslike exciting goed wat nog eintlik net 'n idee is, en daarom wil ek nie veel daaroor sê nie... So tussen deur is dit die laaste jaar wat my familie nog in Pretoria is, so ek probeer soveel as moontlik tyd saam met hulle spandeer voordat hulle Kaap toe trek. Ek en my love het besluit om nader aan my werk te trek, enige iemand wat hier in die stad bly kan relate met die feit dat mens ook net 'n sekere aantal kere in die traffic kan sit voordat mens soos 'n borderline axe murderer begin voel. Die eksodus na die ooste is vreeslik bittersweet... ek is excited vir ons nuwe begin en nog meer excited vir al die geld wat ons gaan spaar... well kind of... (shoeshopping time!!!!!!!!!), maar die plekkie waar ons weg trek was ons eerste huisie saam en die begin van ons future.

Die feit dat alle big changes mos altyd op een slag moet gebeur (dankie aan Murphy jou sadist) het die gevolg gehad dat ek vreeslik uninspired gevoel het om te skryf... Ek is so besig om na wind te jaag en probeer net om kop bo water te hou, dat my lewe net grys geraak het.

Daar het 'n paar goed gebeur wat so special was en steeds kon dit my nie inspire nie. Ek het vir my eerste tattoo gegaan wat so 'n awesome experience was.
Een van my childhood friends het getrou en ek was deel van die wedding party wat so amazing was, dit was truely 'n fairytale wedding en verseker een van die lekkerste weddings waarby ek was. 

Dit was hier waar ek besef het dat trou my shitless scare en ek weet nie of ek dit ooit sal doen nie... Moenie my verkeerd verstaan nie, dit gaan nie oor die lack of commitment nie... Ek het my life partner gevind, en daar is nie iemand in hierdie wêreld wat meer vir my beteken nie en wie ek so lief het nie, ek gaan saam met hom oud word. Ek kan nie wag om aan hom engaged te raak nie, want dit voel so stupid om hom voor te stel as my boyfriend, hy is soveel meer vir my en OK, geen girly girl soos ek het al ooit gekla oor diamonds aan die vinger nie... Maar die oomblik wat ek dink aan die wedding day met die rok en almal se expectations, die circus wat die wedding industry is , die feit dat my dad my voor die kansel moet weg gee vind ek myself in backpaddle mode... Ek gan so 'n emotional wreck wees dat ek soos Frankinstein se bride gaan lyk... Ek dink nie iemand in hiedie wêreld wil dit OOIT sien nie.

Ek het ook besef dat daar long term relationships in my lewe is wat ek seriously moet reconsider , dit is absoluut eensydig en laat my faith in humanity verloor... Ek kan nie verstaan nie hoekom mense nie die goeie kan embrace nie. Ek kan nie verstaan dat mense so ligsinnig kan wees oor serious issues nie. Ek verstaan nie ons as mense se inherent need om te destroy nie.

Dan is daar ook die Bladerunner-trial, en ek dink enige iemand in my rigting is al so siek om vir mense hulle opinie te gee. Ek moet bieg dat dit eintlik cool is dat mense nou actually sien hoe dinge in 'n hof gebeur, sonder die movies en TV programmne se dramatics. Maar ek kan nie help om te sien dat mense hulle verlustig in ander mense se destruction nie, en nie kan grasp dat daar twee families totaal en al gedestroy is deur hierdie events nie. Dit het 'n jong, intellegent en talented girl haar lewe gekos. Dit het een van ons land se min inspirations gereduce na 'n pathetic human being wat homself destroy het, wat huil en opgooi en homself completely verloor elke aand oor en oor en oor in ons almal se sitkamers, vir ons almal se entertainment. Ek is 'n voorstaner van open justice en dat mense moet time doen vir hulle crimes, maar ek dink nie dat mense besef dat daar ten minste twintig sulke sake in die howe daagliks aangehoor word nie en partykeer selfs erger sake en daardie mense word nie so gehumiliate in public nie. Hulle dien hulle sentence in private... Ons love dit om te witness hoe bright sterretjies uitbrand en hulle liggies verloor, liewe hel dit is die multi-billion dollar industry wat ons Hollywood noem. Dan looove ek ook hierdie ridiculous facebook wars wat mense begin oor die trial en dit laat my net dink "I dont want to live on this planet anymore..." Ek glo dat justice gedoen sal word in hierdie trial, as dit nie al klaar gedoen is nie, dink julle mense nie dit is net so straf om met so iets te moet saam leef nie... Dat iets wat jy in 'n moment of weakness gedoen het jou lewe destroy het, en iemand anders se lewe geneem het nie. Oscar sal sy sentence kry... soos wat hy moet. Ek wonder maar net of almal van ons wat so hier op die side lines staan en judge wel verantwoordelikheid vat vir dinge wat ons aan mense gedoen het, en dinge wat ons al destroy het. Dalk het ons nie iemand se lewe gevat nie... maar ons vertrap mekaar daagliks om te kry wat ons hartjies begeer... verdien ons dan nie ook 'n public trial daarvoor nie...

In elk geval, daar is 'n silver lining met hierdie blogpost ek belowe...

So met alles wat aangaan in my lewe het ek so bietjie in robot mode gegaan en gaan maar net deur die motions so rustig en kalm as moontlik, ek werk constantly, ek kan nie onthou wanneer laas ek iets fun gedoen het nie... so alles raak net bleh, almal se grappies is dieselfde, almal se opinies raak die selfde, almal kla oor dieselfde dinge maar doen niks daaraan om dit beter te maak nie... Daar is mense wat kla oor dinge wat merely die gevolge is van hulle eie actions. Even die weer was vir 'n baie lange tyd grys hierdie jaar en blah blah blah blah....

Op een van hierdie rainy days ry ek in my kar en luister radio waar daar 'n stok ou song opkom en dit remind my aan my childhood, waar ek en my sussie soos losers saam met die song gesing het op vakansies, waar mens nog die lewe met passion en sterretjies in die oë aanpak, waar jy droom van jou trouman en jou wedding, en die fame en riches wat jy gaan hê, waar die woorde wat ons gepraat het nog truth in dit gehad het. 

My nostalgiese oomblik het my vreeslik sad laat voel... ek het eers kliphard gelag in my kar en toe besef ek... Jy sal nooit weer daardie oomblik kan terug kry nie, jy sal nooit weer so free en uninhibited voel nie... daardie moments het in 'n matter of seconds gepass en jy sal nooit weer so voel nie... En soos wat julle kan afly van my lang blog post het dit my sommer uit my writes block geshock...

Ek het besef dat mens elke fleeting moment moet treasure, maak nie saak hoe swaar, happy, angry of hoe insignificant dit ook al mag wees nie... Want al daai moments maak jou wie jy is, al daai moments bepaal jou past, present en future, en al daai moments is jou lewe wat enige oomblik kan stop of drasties verander in jou worst nightmare waarvan die Oscar en Reeva-sage evident is.

 Al die weddings, bithdays, loser oomblike, fights, struggles, trials en tribulations is worth it, elke liewe second daarvan, want ultimately is dit DIT. En dit is wat life tragically beautiful maak...

Van waar niks wit of swart is nie...
Alida

No comments:

Post a Comment