Saturday, 11 January 2014

Die twins in 'n boksie...

My eerste official topic van my blog is een wat vreeslik na aan my hart lê... Terwyl ek in die proses was om research te doen oor die moets en moenies van 'n blog skryf, het al die experts min of meer dieselfde gesê... Hulle het gesê dat jy  seker moet wees van die boodskap wat jou blog gee of jy moet spesifieke topics kies waaroor jy wil skryf en daarby hou, met ander woorde, soos elkeen van ons moet jou blog 'n identiteit hê... 

Al wat ek daaroor kon dink is well... Fuck... Niemand van ons wil graag vir 'n tweede keer deur daardie painful journey gaan nie... Ek quite sommer while I'm ahead. Die soek na 'n mens se identiteit is gevul met constant rejection, self doubt, om jouself in situasies te sit wat waaaaaayyy out of your comfort zone is en die gevoel dat jy nêrens hoort nie.... Soos ek in my vorige post verduidelik het is my lewe vol contradictions tot die uiterste, en let me tell you... My soeke na identiteit was ma so kind of bumpy.... Ek het my identiteit probeer vind in van die kerk tot in wilde nagte in die company van drank, wannabe rockstars, ons local hoërskool se 'wonder-boy', abusive relationships en friendships wat nooit rêrig iets vir jou beteken nie, en het ek al gemention drank..???

In elk geval, ek het op die volgende quote afgekom... En dit het my laat dink...

"We're always contradicting ourselves. We want people to tell us apart... Yet we don't want them to be able to. We want people to get to know us... But we also want them to keep their distance... We always longed for someone to accept us... But we never believed there'd be anyone who would accept our twisted ways. That is why we'll stay locked up tight, in our own private world... and throw away the key, so that no one can ever hurt us."- Bisco Hatori

Toe ek hierdie quote lees het dit gevoel of hulle van my lewe praat, vir 'n baie lang tyd was dit pretty much wat my philosophy was oor my relationships... 

Ons as mense wil so graag net alles in 'n perfekte flippen boksie in pas. Volgens society is daar jocks, cheerleaders, nerds, goths,emo kids, hippies, hipsters en nog duisende ander stereotypes wat deur pop culture geskep word. Elkeen in 'n spesifieke boksie,met hulle perfectly defined likes,dislikes,personality traits en views about the world. Asof dit nie genoeg is nie is daar dan ook 'n class system. Waar geld of die lack daaraan ook jou blykbaar 'n sekere identiteit gee... Nie eers te praat van race, culture clashes, sex, gender en religion nie. 

 Ons is ook geneig om agter 'n groepie mense of in 'n boksie te wil hide,dit is makliker en obviously is dit lekker om te voel dat jy iewers hoort... En glo my, ek was ook al daar, so no judgment... Ons gebruik hierdie stereotypes as coping mechanisms en om ons self te beskerm van die stampe en stote wat die lewe het om te offer!!! Maar dan sit mens met die vraag, is jy dan werklik true tot jouself, is hierdie identiteit wat deur consumerists en sensationalists create was werklik 'n true reflection van die amazing human being wat jy is??? Is dit 'n true reflection van al die goed wat jy die wêreld kan bied??? I think not!! Dit is meeste van die tyd maar shallow en narrow minded.

Nog 'n konsep wat ek nie altyd my mind kon om wrap met society se boksies nie is die judgment wat hiermee saam gaan... Ek was al in menigde situasies waar mense hulle ongevraagde opinies lig en judgment gee oor situasies waarvan hulle  nie eers 'n bietjie van die agtergrond ken nie en daar is net een vraag wat ek gewoonlik aan hierdie mense wil vra... Wie die hel het jou die queen van die kakhuis gemaak?!?!? Niemand het die reg om 'n ander persoon te condemn nie. Dit is die beauty van freedom of choice... As jy nie van iets hou nie... Skuif dit uit jou lewe uit en vermy omstandighede wat jou in so 'n situasie sit, maar respekteer mense en los hulle flippen uit!!! Dit is dan weer hulle choice...

Die feit dat social media vandag se world rule vererger ook nog hierdie situasie... Mens kan NOOIT seker wees dat die stories daarop die waarheid is nie en ook word mens kind of so bietjie deur sekere mense emosioneel afgepers... Ons almal ken die 'click like en helfde van Afrika se honger mense word magically gevoed'of'share hierdie bybel versie of anders is jy satan'- posts... Maar erger as hierdie constant irritasie is die feit dat mense betrokke raak by  intense facebook wars, waar mense mekaar vieslik vloek, en mense dood wens wat hulle nie eers ken nie... Ek lag altyd my pis af vir hierdie wars!!! Maar dis skokkend!! Recently het ek 'n war gevolg waar 'n vol figured girl haar afgeneem het in haar costume of underware en basically vertel het van haar struggles met haar gewig en dat sy nou proud is op haar body ensovoorts, super brave en inspiring stuff... Maar dan gaan kyk jy na die comments wat daar gelos was.... Mense wat sê hulle haat 'skinny bitches' en dan sê die skinny bitches weer hulle haat 'fat pigs'... My mond het oop gehang... Eerstens was die arme girl wat die foto gepost het se brawe deed totaal en al in vain... Want in plaas daarvan dat mense inspirasie in haar daad gevind het, het dit net 'n platform geskep dat mense mekaar vieslik uithaal...

Dis 'n constant struggle vir die soeke na identiteit.  'n Redelike groot bump in die road vir my en my sussie, Lizette was ook die feit dat ons dieselfde interests, vriende en meeste van die tyd dieselfde views  het en extremely close is, daar was constantly na ons verwys as "die twins". Alhoewel die mense wat so na ons verwys het dit nie enigsins sleg bedoel het nie, en ek self nooit 'n probleem daarmee gehad het nie, het dit steeds 'n probleem create. Mense het automatically geassume dat ons in alle situasies dieselfde views, reaksies, inspirations en aspirations het... Wat nie altyd die geval was nie... Aangesien ons actually twee verskillende mense is. Dit het die gevolge dat 'n mens jou voice verloor asook 'n identiteit skep wat nie noodwendig akuraat is nie... Nog 'n boksie om in te pas...

Die laaste soort boksie wat ons skep is  eintlik maar die grootste en moeilikste een om in te fit... En dit is die boksie waarin jy jouself sit. Ons almal limit ons self. Ons insecurities, ons upbringing, ons culture, ons demons en miljoene ander aspekte in almal van ons se existance. Hierdie boksie is waar ons die heel seerste kry en daarvoor kan ons nie society blame nie... Daarvoor kan ons net ons self blame... Die wrongs wat ons aan ons self doen is gewoonlik die grootste injustices wat gebeur... Want ander mense wat somtyds nie eers bietjie van jou weet nie, sien meer potential in jou as jyself en dis 'n damn shame...

Die beste ding wat in my lewe kon gebeur het, was die feit dat my boksie uitmekaar gebliksem het... So pynvol as wat dit ook al was... Was ek finally free, en het ek my identiteit in myself gevind...

Daar is nou nog net een vraag wat my so bietjie haunt... Ons is almal mense, en ek glo dat maak nie saak wat jou agtergrond is nie, ons almal in essence dieselfde dinge soek , ons soek liefde, ondersteuning, salvation , acceptance, kindness,humanity, forgiveness en happiness. Maar wat ek nie kan verstaan nie, is dat as ons almal dan  so desperately na die selfde dinge soek... Hoekom is ons dan so reluctant om dit vir mekaar te gun of te gee???

Van waar niks wit of swart is nie...

Alida.

Sunday, 5 January 2014

Want tussen wit en swart is dit rooi!!!!!!

Met die begin van die nuwe jaar het ek besluit om 'n nuwe uitdaging aan te pak. Soos met meeste van ons remind hierdie tyd van die jaar ons aan al die dinge wat ons nog wil doen, die opportunities wat ons laat verby gaan het, relationships wat hulle course geloop het, geliefdes wat nie meer met ons is nie en 'n sekere gevoel van optimisme vir dit wat voor lê. Dit gee ons almal die gevoel van 'n nuwe begin.


Vir 'n lang tyd wik en weeg ek om te begin met hierdie projek maar vind myself in 'n situasie waar dit nooit ''die regte tyd is nie...'' so nou het ek besluit dis now or never.

So voordat ek begin om vreeslik opinionated te raak moet ek seker eers so bietjie meer agtergrond gee van my en wat ultimately my inspire het om hierdie blog te begin.

Ek voel constantly dat my hele lewe net 'n klomp contradictions is. Ek het 'n seemingly perfekte surburban childhood gehad, met 'n ma en pa wat steeds getroud is, twee jonger siblings met wie ek ongelooflik close is, 'n paar pets along te way, 'n redelike decent vriendekring, ek het op 25 die liefde van my lewe ontmoet, ek het 'n career wat suuuuper promising is en soos wat hulle in plein afrikaans sal sê, my pa het geld so asof dit nou suppose is om al mens se probleme op te los.

Ek dink meeste mense sal saam stem dat die prentjie wat hierbo geskets word nie juis enige contradictions bevat nie.... Vir meeste mense was my lewe 'n lied en amper kind of perfek. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek kla nie, en ek is ongelooflik dankbaar vir die dinge in my lewe, maar dinge is nie altyd wat dit seem nie... 

My familie het humble beginnings. Soos meeste dogters glo ek rerig my pa is 'n mix tussen Nelson Mandela, die Dalai Lama, Mother Teresa en Clark Kent.  Hy het grootgeword in Hoekwil wat naby Wilderness in die Wes-Kaap geleë is, wat seker by ver een van die mooiste en ongerepte dele van ons land is. Dit was mense wat nie baie geld gehad het nie maar wat die beste lewens gelei het, sonder pretense met warm harte en glad nie gepla was met die materialistiese waarde van goed nie, met ander woorde eenvoudige mense wat werklik nog die true meaning van 'n community gevalue het. As kind kan ek onthou dat my oupa se anecdotes my truely laat dink het aan Daleen Matthee se novels soos Kringe in 'n Bos en Fiela se kind. Ek het my fondest childhood memories hier waar ons jaarliks oor die kers seisoen ons familie vakansies geniet het. Hierdie area bevat magic wat nie mens gemaak is nie. 


Na skool het my pa sy diensjaar gedoen en het daarna siviele ingeneurswese in Pretoria gaan swot, waar hy dan ook my ma ontmoet het. Na ses jaar het hulle getrou en soos hulle dit beskryf, na die honeymoon toe sit die ogies. Op die 2de Julie 1986 is ek gebore, die oudste van 3 dogters.  Drie jaar later is my sussie Lizette gebore, en sonder om op daardie stadium te weet was dit die begin van die mees substantial verhouding in my lewe. Vandat ek kan onthou het ons 'n uitstekende span gemaak. Toe ek vier jaar oud was het my ma my na my eerste ballet klas toe gevat en die res was history. Om te se ek en Lizette het in dans presteer is 'n understatement.... Ons het al wat 'n danstitel was gewen en ek het letterlik op die ouderdom van 16 meer Suid Afrikaanse titels onder die belt gehad as wat Taylor Swift ex-boyfriends het. Wat begin het as 'n competitive sport en 'n kans vir my ma om stagemom van die dekade te wees, het uitgedraai in 'n wonderlike en somtyds cruel journey waar ek deur dans myself kon vind en tot vandag toe myself express met dinge wat my brein nie eers altyd kan grasp nie... Dans is die kuns vorm wat ek amper liewer het as myself en wat ek tot die dood toe sal support, dis die most unappreciated art wat "almal mos kan doen" en wat meeste van die tyd girls reduce na 'n prikkelpoppie met geen inhibitions, wat daar is vir elke man se plesier en vrye comment. In actual fact vat dans die grootste dissipline, commitment en harde werk en bevat die dans bedryf groter artists as wat daar op die silver-screen in Hollywood is. Maar weereens wil ek nie te opinionated op my eerste post raak nie, daar is baie tyd vir dit.

My skoolloopbaan was ook maar 'n redelike rollercoaster... Ek was in 'n klein laerskool en daarna was ek in een van die mees prestiges meisieskole in Pretoria, wat min of meer soos iets tussen slow torture en die gevoel van intense revolusie en opstande gevoel het. In essence is ek vreeslik dankbaar dat ek in die skool was, want dit het op die ou end my redelik apart geset van meeste mense, of so hoor ek... Toe ek 15 jaar oud was het ons familie 'n monumental change deur gegaan. My en Lizette se jongste, laat lammetjie sussie, Jani was gebore. Hierdie experience het my geleer dat kinders grootmaak nie altyd so maklik is as wat die lyk nie. 

Na skool was dit inevitable dat ek en Lizette 'n dansskool begin, wat vi my 'n huge failure uitgedraai het, dit was glad nie wat ek invision het vir my future nie, die eerste probleem was dat ek heeltemal te lief was vir die kuns wat glad nie 'n faktor is wanneer jy met stagemoms en tieners werk nie. Tweedens kon ek op daardie stadium nog nie afskeid neem van die stage nie. Derdens het ek ook te doen gekry met die baie complicated family dynamics van my kliente en my hande het afgekap gevoel... Ek het besef dat hierdie nie my career choice moet wees nie, en ek het gaan swot. Regte van alle dinge... En ek het my true calling gevind, so boring soos wat dit vir meeste mense klink is dit rerig iets waaroor ek baie passionate is, ek is mos 'n idealis after all... Ek is seker daardie quality sal my nog so paar keer in die future in die gat byt... Lizette het aangegaan met die dansskool, Athena Academy of Dance, wat hugely successful is asook een van die lekkerste communities om aan te behoort in die stad. Ek het lifelong friends gemaak deur my dans loopbaan,en is seker haar studente sal dieselfde doen. Sy is 'n meester in wat sy doen. Ek is nogsteeds deel van Athena en dans in die Athena Dance Crew, maar ek los daardie subject vir my future posts...

Soos julle sal kan aflei is my lewe nie vreeslik extraordinary nie... Maar ek vind myself gedurig in die middel vasgevang tussen twee uiterstes. Ek het grootgeword in 'n kultuur waar die man die hoof van die huis was...en ek refuse om in so relationship te settle. Vrouens is mos suppose om op hul troontjies te sit en baba kousies te brei, cocktails te sip en te skinner... Well ek kan dit doen en geniet dit so af en toe... Maar ek jag ook, kon op 'n stadium enige man onder die tafel in drink, ek kan braai, ek rook en ek vloek soos 'n matroos.... My career is op hierdie stadium my nommer een focus, maar ek is ook ongelooflik familie vas, en sal bittergraag later my eie familie wil begin. In my career is dit ook maar 'n man's world. My voorkoms is ook redelik hard blykbaar en daar word constantly vir my gesê dat ek soos 'n bitch lyk, maar in actual fact het ek 'n suuuuper klein hartjie wat met mense kan relate en wat even met 'n moordenaar kan compassion hê. Ek is open minded en glo passionately daaraan om te live and let live... Ek het liberal politic views in 'n land waar die politiese lyne redelik tot die extremes geblur word. Ek is religious, maar glo truely dat sekere religions mensgemaak raak en dat God se ware boodskap tweede kom. Even in my relationship is daar contradictions, ek is 'n true afrikaner boere girl en die liefde van my lewe happen to be 'n proper soutie met een van die mooiste en purest hearts wat ek in 'n lang tyd gesien het. 

Ek is oppinionated, ek is weird, ek is kind of 'n nerd, somtyds so bietjie van 'n loser, ek is passionate oor vroue regte,ek glo dat daar wel justice in die lewe is al is dit nie altyd op die manier wat ons dink nie, ek glo in equality en freedom of speech en ek glo ook dat 'n mens ook somtyds jou mond moet hou oor dinge wat jou nie aangaan nie, ek glo in liefde en in haat en dat die twee hand aan hand loop. Ek hou van fashion en glamour, maar kan ook happiness vind in kleiner en eenvoudige dinge. Ek word deur artists inspire wat vir mekaar skree, wat opposite messages het, my musiek smaak is van heavy metal tot classical. Ek appreciate die lelik en donker net soveel as die beautiful en lig. Ek glo dat enige persoon sy sexuality moet explore, maar word partykeer shitless gescare deur vandag se over sexed teenagers!!!

So in essence is dit die rede hoekom ek die blog begin het, ek dink daar is ongelooflik baie mense wat daarmee kan relate, en dit gee ook ultimately my die kans om myself te express en om somtyds sin te maak van my thoughts. My blog gan bitchfits, lang trane, moan sessies, struggles, reviews van movies, live shows, boeke, jagtrips en tv shows hê. Dit wat in my lewe en in my mind my inspire, kwaad maak of onderkry gaan op die blog gepost word, dalk mag dit net my save van insanity!!!

Van waar niks wit of swart is nie...

Alida.